Rede gelewer deur dr Chris Stals, President van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, by geleentheid van die viering van die Sestigste Bestaansjaar van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. 1. InleidingEk voeg graag my gelukwensing by dié van andere aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat met sy sestigste verjaarsdag. Sestig jaar mag lank klink in die beperkte leeftyd van die mens, maar in die geskiedenis van 'n universiteit en 'n land is dit baie kort. Ek wens dus die Fakulteit geluk met sy "jong" verjaarsdag en spreek die hoop uit dat hy, in die baie jare wat nog vir hom voorlê, steeds 'n groot bydrae sal lewer tot die opleiding van ekonome wat in die diens van Suid-Afrika hul bydrae sal kan lewer.Teen die agtergrond van 'n wêreldwye integrasie van die ekonomiese stelsels van lande word die behoefte aan die opleiding van ekonome ál belangriker. Hier in Suid-Afrika word die meerderheid van opgeleide ekonome meesal sakemanne wat uiteindelik méér op die vlak van die mikro- of bedryfsekonomie funksioneer. Hulle verkry ná hul formele opleiding 'n belangstelling in 'n spesifieke organisasie of bedryfsrigting, of enkele sektor van die ekonomie. In dié proses verloor hulle die objektiwiteit van die makro-ekonoom en word hul menings oor die totale ekonomiese bedrywigheid en oor makro-ekonomiese beleid deur gevestigde belange beïnvloed.Die integrasie van wêreldmarkte, en veral van die finansiële markte, skep egter 'n groeiende behoefte aan die suiwer makro-ekonoom wat wêreldwye neigings en totale markwaarderings beter sal kan ontleed en aanbied. In die toekoms gaan makro-ekonomiese beleid en die verloop in binnelandse ekonomiese bedrywigheid nie meer uitsluitlik deur die behoeftes van die individuele land of die doelstelling van 'n nasionale regering bepaal word nie, maar eerder deur die siening en die vereistes van 'n wêreldwye ekonomiese gemeenskap. Die taak van die uni-versiteit, en van hierdie Fakulteit aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, om goeie makro-ekonome op te lei, word dus nou selfs nog meer belangrik as wat dit in die verlede was.Die feit dat hierdie Fakulteit vanjaar sestig jaar oud is, het my daartoe gelei om ietwat terug te kyk oor die veranderings gedurende die afgelope sestig jaar in die breë beginsels van die makro-ekonomie. Ek wil graag vier algemene fases onderskei wat met die Keynesiaanse ná-depressie tydperk begin toe hierdie Fakulteit in 1937 sy ontstaan gehad het; daarná volg die Bretton Woods-stelsel van die ná-oorlogse tydperk, wat van ongeveer 1947 tot 1967 strek; dit word gevolg deur 'n nuwe tydperk waarin die klem verskuif het van die vraagkant van die ekonomie na die aanbod- of produksiekant; en uiteindelik kom ons by die moderne nuwe ekonomie van wêreldwye integrasie. 2. The Keynesian demand-managed economyWhen this Faculty of Economics was established in 1937, the world was still recovering from the disastrous economic depression of the early nineteen-thirties. Destroyed by the collapse of asset prices, both of financial instruments and property, and by the default and closure of many private sector institutions, world-wide unemployment increased to a devastating level. The emphasis in macroeconomic policy was on how to revive the economies of the major industrial countries and, through increased demand, restimulate production and employment.In February 1936, the great British economist John Maynard Keynes, published his classical treatise on economics called "The General Theory of Employment, Interest and Money". His directives for economic recovery were aimed very clearly at the stimulation of demand. Governments had to spend more, even if they could not finance it from normal sources of revenue. A deficit on the budget was, in the circumstances of the time, fully justifiable. Central banks had to create more money, and make loans available even at zero interest rates. Central banks were also expected to finance, or partly finance, budget deficits for governments.